Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 25 JUNIE 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ................ [jou naam, roepsein en QTH]

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondagoggend ‘n nuus bulletin om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels uit op HF asook op baie BHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan by ZS6JPL inskakel vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Hierdie audio bulletin kan afgelaai word vanaf die Liga se webwerf by www.sarl.org.za waar jy hierdie sowel as vorige bulletins in teks formaat onder die nuusskakel aan die linkerkant van die webblad sal vind. Terwyl jy daar is, kan jy inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

DIE VOLGENDE SDR-GESPREK OP 28 JUNIE

HAMMIES ARK BIED RAE KURSUSSE AAN

en

DIE VOLGENDE SDR-WERKSWINKEL SAL OP 12 AUGUSTUS GEHOU WORD

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE VOLGENDE SDR-GESPREK OP 28 JUNIE

Die SDR-gesprek gaan voort op Woensdag 28 Junie 2017 om 20:30 en vind plaas op Skype. Om aan die gesprek deel te neem, stuur 'n e-pos aan admin@amsatsa.org.za teen Maandag aand met jou skype-besonderhede. Dit is belangrik dat deelnemers die nuutste weergawe van Skype gebuik.

HAMMIES ARK BIED RAE KURSUSSE AAN

Die Hammies Oos-Kaapse Amateurradioklub, ZS2ZU, sal weer 'n "Boot Camp" aanbied. Dit is 'n prettige kamp waar ons vir kinders/jong volwassenes onder die ouderdom van 20 jaar al die vereistes sal leer om die OKOSA-klas B-radiolisensie te skryf. Dit sal hulle toe laat om radio-toerusting te besit en op die radio te praat. Die kursus is oop vir almal tussen 10 en 20 jaar oud en sal van Vrydag 14 tot Maandag 17 Julie by die Voortrekker-kampterrein naby Lady's Slipper gehou word. Vir meer inligting, kontak Dave Higgs, ZS2DH per e-pos by om@zs2dh.co.za.

Die Hammies ARK, ZS6ZU, bied 'n Klas A RAE kursus aan vir jongelinge onder die ouderdom van 25. Die kursus vind plaas by die Nasionale Amateur Radio Sentrum by Radiokop. Lesings vind op Saterdagoggende plaas vanaf 1 Julie. Persone ouer as 25 kan ook aansoek doen. Vir verdere besonderhede, kontak asseblief Noel, ZR6DX, of Graham, ZS6GL, per e-pos by onderskeidelik zr6dx@iafrica.com of grahambusse@vodamail.co.za.

DIE JULIE RADIO ZS

Die sluitingsdatum vir jou artikel vir die Julie Radio ZS is Dinsdag 27 Junie 2017 en kan gestuur word aan radiozs@sarl.org.za.

DIE VOLGENDE SDR-WERKSWINKEL SAL OP 12 AUGUSTUS GEHOU WORD

Die datum vir die gesamentlike SARL/AMSAT SA werkswinkel oor die verbetering van die SDR ervaring word op Saterdag 12 Augustus 2017 by die Nasionale Amateur Radio Sentrum gehou. Die werkswinkel sal fokus op meer pret met 'n BHF SDR dongle. Die tweede deel van die werkswinkel sal fokus op die begin van die Suid-Afrikaanse Radioliga se monitering van die toename in die RF-geraasvloerprojek met behulp van die SDR-waterval. Beide 'n HF- en BHF-dongle sal beskikbaar wees asook 'n geheuestokkie met die vereiste SDR-sagteware en nog prettige sagteware.

Meer besonderhede sal binnekort gepubliseer word. As jy belangstel om die werkswinkels by te woon, stuur asseblief 'n e-pos met jou besonderhede aan admin@amsatsa.org.za en jy sal by 'n e-poslys gevoeg word om jou op datum te hou met besonderhede van die werkswinkels in Gauteng en die Wes-Kaap.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Neem hierdie week jou draagbare radio werk toe.

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUWELING GESELLIGHEID

Dit is 'n prettige aktiwiteit om alle nuwe radio amateurs aan te moedig om radio aktief te word. Die eerste Nuweling Geselligheid sal op Saterdag 01 Julie 2017 van 08:00 tot 20:00 UTC gehou word. Dit is 'n foon kompetisie met aktiwiteit van 14 125 tot 14 300 kHz; 7 063 tot 7 100, 7 130 tot 7 200 kHz, 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz.

Die uitruiling is 'n RS-verslag en fonetiese karakter soos volg - Alpha - minder as 6 maande; Bravo - 6 maande tot een jaar; Echo - een tot twee jaar; Gholf - twee tot drie jaar; Indië - drie tot vier jaar of November - meer as vier jaar.

Elke kontak is die aantal punte werd soos volg - Alpha - 7; Bravo - 5; Echo - 4; Golf - 3; Indië - 2 of November - 1 punt. As die kontak met 'n nuweling radio amateur gemaak word, wat minder as een jaar ʼn radio amateur is, word die punte verdubbel. 'n Stasie kan een keer per band gekontak word. Logstate in MS Excel formaat sal ingedien word teen 17 Julie 2017 per e-pos aan ZS3vdk@webmail.co.za. 'n Sertifikaat sal toegeken word vir eerste, tweede en derde plekke. Die logstaat is beskikbaar op die Liga web blad by die kompetisie inligting.

DIE ZS5 NAELLOOP

Nog 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in Kwazulu-Natal en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder is die ZS5 Naelloop. Die Naelloop is op Sondag 2 Julie 2017 van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug.

ZS5-stasies sal 'n RS- of RST-verslag en hul dorp se naam of afkorting gee. Alle ander stasies sal 'n RS- of RST-verslag en hul provinsiale of landsafkorting gee. Die ZS5 Naelloop is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meter band met 7 000 tot 7 040 kHz vir gelykgolf en 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz vir foon.

ZS5-stasies kry 1 punt vir 'n QSO met 'n ZS5-stasie en 2 punte vir 'n QSO met 'n stasie in ander ZS-roepareas of Suider-Afrikaanse lande. Alle ander stasies kry 2 punte vir 'n QSO met 'n ZS5-stasie en 1 punt vir 'n QSO met stasies in hul eie of ander ZS-roepareas (uitgesluit ZS5) of Suider-Afrikaanse lande. QSO's met die Highway ARK, ZS5HAM, die Durbanse ARK, ZS5D, die Hibiscus-kus ARK, ZS5HAC, die Zululand ARK, ZS5ZLB, die Midlands ARK, ZS5PMB, of die Noord Natal Amateurradioklub, ZS5NAK, is 5 punte elk, net een kontak per stasie word toegelaat.

Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein ZS5 Naelloop" moet ingedien word teen 10 Julie 2017 per e-pos aan zs5contest@harc.org.za. 'n Sertifikaat word toegeken aan die eerste, tweede en derde plek in die kompetisie.

ASTEROÏDE NA RADIO AMATEUR VERNOEM

Die Internasionale Sterrekundige Unie het op 13 April die ruimtefisikus en radio amateur Asta Pellinen-Wannberg, SM3UHV, beloon deur 'n hemelse liggaam na haar te vernoem, Asteroïde 11807 Wannberg, aan te dui.

Die Sweedse nasionale amateurradiovereniging SSA rapporteer: Asta Pellinen-Wannberg is professor aan die Departement Fisika aan die Umeå Universiteit. Sy het 'n baanbrekende poging aangewend om verstrooiingsradar te gebruik wanneer meteore bestudeer word wat geaktiveer word wanneer klein deeltjies die atmosfeer binnedring. Die metode word nou toegepas by ongeveer tien stasies regoor die wêreld. Dit verhoog die vermoë om verskillende groot strome, kleiner deeltjies en besonderhede in hul interaksie met die atmosfeer te bestudeer, sê Asta Pellinen-Wannberg. Asta is voorsitter van die Sweedse Nasionale Komitee vir Radio Wetenskap (SNRV) en het saam navorsing gedoen met Gudmund Wannberg, SM3BYA, wie tegniese bestuurder by EISCAT Radar in Kiruna en Medeprofessor aan die Umeå Universiteit was.

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer drie vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 17 tot 30 m bande verwag. Plaaslik gaan 60 m gedurende die dag die beste voortplanting oor korter afstande oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, 'n dagboek van sommige komende gebeure:

26 Junie - dien jou besonderhede in vir die SDR-gesprek
27 Junie - sluitingsdatum vir Julie Radio ZS artikels
28 Junie - die SDR gesprek
1 Julie - die SARL Nuweling Geselligheid; die begin van die ZS6ZU Hammies RAE kursus
2 Julie - die ZS5 Naelloop
8 - 9 Julie - die IARU HF Kampioenskappe
14 tot 17 Julie - die ZS2ZU Hammies RAE Boot Camp
15 Julie - die RADAR Uitdaging en die ZS2 Naelloop

Om ons bulletin af te sluit, 'n vinnige oorsig van ons hoofnuus

Die SDR-gesprek gaan voort op Woensdag 28 Junie 2017 om 20:30 en vind plaas op Skype. Om aan die gesprek deel te neem, stuur 'n e-pos aan admin@amsatsa.org.za teen Maandag aand met jou skype-besonderhede. Dit is belangrik dat deelnemers die nuutste weergawe van Skype gebuik.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003